Information

Strobist Junky

This is a forum for strobist/off-camera flash enthusiasts to discuss techniques, gear and perhaps arranging an outing or two... If you have questions and need advice on all things strobist, this is the place. May the light be with you!

Members: 100
Latest Activity: Mar 2, 2017

Discussion Forum

Nissin Di866 speedlight

Started by Brian Kobue Aug 24, 2016. 0 Replies

Do I qualify?

Started by Thato Phumo Jun 15, 2014. 0 Replies

Comment Wall

Add a Comment

You need to be a member of Strobist Junky to add comments!

Comment by Corne Lourens on April 8, 2011 at 21:38
Dankie Trompie!
Comment by Danie Bester on April 8, 2011 at 10:58

Hey guys. Great that Trompie created this group. Let's see if we can arrange a shoot some time...

 

Trompie you have the coolest Group Photo in the world! Hehe!

Comment by Trompie Van der Berg on April 7, 2011 at 20:24

Hi Corne,

welkom hier by my groepie, hoop ek kan van hulp wees...:-).  Jy sal verstaan dat ek nie die hele strobist tegniek en alle toepaslike settings vir jou in die stukkie sal kan uiteensit nie, dit is ver te omslagtig. Danie se Strobist kursus (http://photocritic.digitalphotographycourses.co.za/events/portraits...) is ‘n absoluut moet, jy sal daar wegloop met ‘n hele ander siening van die fotografie ding…J Mens kan soveel doen en so kreatief wees met off-camera flash. Nietemin, ek kan jou genoeg informasie gee om jou op die regte pad te sit.

Eerstens, baie goeie koop, ek het presies dieselfde triggers en is ongelooflik gelukkig met hulle.

Eerste ding van die triggers, hulle is "manual ONLY" triggers. Dit beteken dat jou kamera nie die exposure reading doen en dan vir die flash se hoe hard hy moet skiet om 'n goeie exposure te kry nie, geen TTL informasie word oorgedra nie. Jy moet self besluit hoe hard die flash moet skiet volgens wat jy met die lig wil doen. So sodra jy die triggers saam die flash gebruik moet die flash op MANUAL gesit word.

Die underexposure op die flash as dit in manual gebruik word is nutteloos. Juis omdat jy ten volle beheer uitoefen oor die flash. Die exposure dial op die flash is vir gebruik in TTL mode wanneer jy die kamera se exposure reading wil override.

Ek werk redelik baie met my flashes kaal (ek is baie lui), maar dit is goed om die lig te versag met ‘n softbox of diffuser as dit moontlik is. Dit gee jou net ‘n meer vleiende en sagte lig.

Die ander belangrike ding om te onthou is dat die flashes net sync op 1/250 van ‘n sekonde en meer. Jy sal jou kamera op Manual mode moet he sodat jy beheer het oor die shutter speed en die aperture om sodoende die regte balans tussen flash en ambient lig te bereik. Baie van die studio konsepte is hier ook geldig.

Aangaande die wit background, ek gebruik ‘n tweede flash om die background geheel en al te overexpose en uit te skiet vir ‘n wit background. Jy sal nie ‘n pure white background kry tensy jy die tipe van ding doen nie.

‘n Goeie plek om te begin vir jou is die volgende. Sit jou flash op Manual en op 1/16 power, so 2 – 3 meter weg van die subject. Sit jou kamera op Manual, jou shutter speed 1/250 en jou aperture op f5.6. Vat ‘n foto en kyk hoe lyk jou exposure. As hy overexpose is, maak jou aperture kleiner, under expose, aperture groter. Hierdie is by ver nie ‘n “exact science” nie, maar dit gee jou ten minste ‘n vertrek punt.

Ek hoop die het bietjie gehelp.

Comment by Corne Lourens on April 7, 2011 at 18:06

Hier kom my eerste vraag (weet nie of dit op toepassing regtig is van strobist nie, maar ek weet jy het ook die toerusting). 

Ek het verlede week die Phottix Strato gekry, basies om my canon 580ii speedlight "off-camera" te gebruik (wil dit op my wit "backdrop" as ek "portraits" neem, gebruik).  Ek het geen ander studio toerusting behalwe die flash en die backdrop dan wat ek gebruik. 

 

Ek het die flash gestel, maar hy oorbelig omtrent alles.  Het hom opgestel dat hy teen die dak skiet, maar dit is nogsteeds vir my te oorweldigend. 

 

*  Op wat moet ek die flash stel (ETTL, M of Multi)

*  Watter ander stellings moet ek maak (ek het ook die flash probeer       underexpose).

*  Het ek iets nodig om bo-oor die flash te sit bv. softbox?

*  ek het die studio lighting kursus gedoen, maar ek wil nie regtig op die oomblik ingaan in studio nie, het dit maar net nodig vir die "odd" foto wat ek so nou en dan neem.  Ek het altyd op my stoep geneem en dan die kamera so gestel dat ek nie flash hoef te gebruik nie (swart agtergrond), maar die wit agtergrond kom nooit heeltemal "wit" uit nie.

 

* Ek het ook probeer om my seun in die aand buite te neem met die flash agter hom, maar hy wou nie lekker werk nie - watter 'settings' gebruik jy op jou phottix en kamera as jy strobist foto's neem?

 

Dankie!!! 

Comment by Corne Lourens on April 7, 2011 at 16:25

Hi, gaan jou nog oorlaai met vrae.  Thanx vir die stig van die groep.

 

Members (100)

 
 
 

Events

Groups

Members

© 2018   Created by Danie Bester.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service